Zoroastrisme

Die ewige vuur, 'n simbool van Zoroastrisme
Zoroastriese tempel in Yazd, Iran
Brandende vuur en toeriste in die Zoroastriese vuurtempel te Yazd

Die Zoroastrisme is een van die oudste oorlewende monoteïstiese godsdienste op aarde. Hoewel daar vandag wêreldwyd net sowat 250 000 tot 300 000 volgelinge van hierdie antieke godsdiens is, was dit eens die amptelike godsdiens van die magtige Persiese Ryk. Wat die Zoroastrisme ook interessant maak, is dat dit in sekere opsigte verbasend baie ooreenkomste toon met ander antieke godsdienste soos Judaïsme, Islam, Christendom en Manigeïsme.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search